Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê beslag op vuurwapens in KZN

In ’n poging om die hoë geweldsmisdaadsyfer in KwaZulu-Natal te bekamp het die polisie beslag gelê 418 vuurwapens en 2 925 patrone in verskeie operasies in dié provinsie.

Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê die meeste van dié wapens is in die Zoeloeland-, Umkhanyakude-, King Cetshwayo-, Umzinyathi- en die Ilembe-streek gekry.

“Die polisie het in November op 22 gewere, 86 haelgewere, 293 handwapens en 17 tuisgemaakte vuurwapens beslag gelê. 80 mense is ook in dié tyd in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Die operasies is uitgevoer ná die bekendstelling van die veldtog vir ’n veiliger feestyd,” sê Naicker.

“Dit is onwettig om ’n vuurwapen te besit wat voorheen behoort het aan iemand wat dood is,” het lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

“Ons doen ’n beroep op mense om die huidige amnestie-periode te gebruik en dié vuurwapens by die polisie in te dien sodat hulle nie vervolg word nie,” het Jula gesê.

Die amnestie, wat op 1 Desember begin het, sal vir ses maande duur.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Polisie  |  Beslaglegging  |  Vuurwapens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.