Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie lê in Augustus beslag op 63 wapens in PE

Sedert die begin van Augustus het die teenbende-eenheid van die polisie in Port Elizabeth op 63 ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.

Vandeesweek alleen is vier wapens binne 12 uur in verskillende voorvalle gekonfiskeer.

Een van die 63 vuurwapens wat die teenbende-eenheid in Port Elizabeth die afgelope maand gekonfiskeer het. Foto: VERSKAF

Die wapens waarop Woensdag beslag gelê is, sluit twee haelgewere in wat in Augustus verlede jaar in Jeffreysbaai as gesteel aangemeld is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die polisie het omstreeks 23:00 op ’n skietvoorval in Bethelsdorp, een van die stad se bendegeteisterde gebiede, gereageer toe hulle ’n man gesien weghardloop het.

“Die polisielede het hom agternagesit en gesien hoe hy iets tussen bourommel agter ’n plakkershut versteek.”

Die 30-jarige man is aangekeer en die twee haelgewere is agter die plakkershut gekry.

Vroeër die dag het die polisie ook in ’n klopjag ’n 9 mm-pistool, wat in November verlede jaar in Kamesh gesteel is, in die dak van ’n huis in Bethelsdorp gekry.

Die polisie het om 11:45 op ’n skietvoorval in New Brighton gereageer en ’n 45-jarige man vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in hegtenis geneem.

Volgens Naidu het die man probeer weghardloop. Hy het ’n plastieksak met 17 patrone in gehad. Nadat hy ondervra is, het hy ook ’n pistool met 15 patrone in sy huis aan die polisie oorhandig. Die pistool se reeksnommer is afgevyl.

Naidu het die teenbende-eenheid se suksesse aan verskerpte en deurlopende klopjagte asook hoë sigbaarheid toegeskryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.