Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie-LUR in Vrystaat ‘het nie plan’ vir helikopters

Groot kommer bestaan by die DA omdat die Vrystaat dié Kerstyd sonder ’n polisiehelikopter sal wees omdat sy enigste twee polisiehelikopters so beskadig is dat dit nie gebruik sal kan word nie.

Volgens die DA is Sam Mashinini (heel regs), Vrystaatse LUR vir polisie, paaie en vervoer, asook voorsitter van die ANC in die Vrystaat, planloos. Hy kon nie Vrydag in die Vrystaatse wetgewer sê wat gedoen gaan word omdat die provinsie oor die Kers- en Nuwejaarstyd geen helikopters beskikbaar gaan hê nie. By Mashinini is Patrick Monyakoana, burgemeesterskomiteelid vir vervoer van die Mangaung-metro, en Sisi Ntombela, die Vrystaatse premier. Foto: Facebook

Dit terwyl Sam Mashinini, LUR vir polisie, paaie en vervoer, nie ’n plan daarvoor aangebied het toe die aangeleentheid Vrydag in die wetgewer geopper is nie.

Leona Kleynhans, DA-wetgewerlid in die Vrystaat, sê die een helikopter is by die Bram Fischer-lughawe in Bloemfontein vroeër vanjaar in ’n transitorooftog erg beskadig toe daar van die grond af daarop geskiet is, terwyl die ander een in die stoor waar dit gehou word, beskadig is.

So is ’n polisiehelikopter vroeër in ’n betoging in Brandfort ingespan toe daar oor water betoog is. Foto: Facebook

Mashinini het Vrydag in die wetgewer gesê die een helikopter is vir herstelwerk weggestuur en sal eers in die nuwe geldjaar ná April volgende jaar weer in gebruik geneem kan word. Die ander een is onherstelbaar beskadig.

Kleynhans sê die helikopters is vir gevalle van transitorooftogte, motorongelukke, veediefstal, plaasaanvalle, gevangenes wat uit tronke ontsnap het en dies meer gebruik.

“Kerstyd is die tyd van die jaar wanneer die meeste misdaad plaasvind. Ook die meeste padongelukke vind dan plaas. Die polisie kla altyd hulle het nie genoeg voertuie en mannekrag nie en nou het die Vrystaatse polisie ook nie meer polisiehelikopters nie.”

Sy sê die DA wou hê Mashinini moes sê hy het ’n plan vir die Kers- en Nuwejaarstyd, maar hy het geen plan Vrydag in die wetgewer aangebied nie.

* Mashinini is deur Netwerk24 vir kommentaar gebel, maar sy telefoon is nie beantwoord nie.

Meer oor:  Vrystaat  |  Politiek  |  Helikopters  |  Misdaad  |  Misdaadbekamping  |  Polisie-Lur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.