Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Polisie moet dinge anders doen in Wes-Kaap’ – Cele

Bheki Cele, minister van polisie, sê die polisie “moet dinge anders begin doen in die Wes-Kaap”.

Hy het Dinsdag die Steenberg-polisiekantoor besoek waar ’n 34-jarige sersant wat Maandagaand in Lavender Hill geskiet is, gestasioneer was. Hy is later in die hospitaal dood.

Hy het ná sy besoek aan Netwerk24 gesê iets moet gedoen word om die aanvalle op polisiebeamptes in die Wes-Kaap stop te sit.

“Gewelddadige misdaad is ’n nasionale probleem, maar veral in die Wes-Kaap. Sowat twee weke gelede het ons amper ’n groot aantal polisiebeamptes verloor.”

Lees ook: Koeëlreën uit hut tref 2 van bende-eenheid in kop

Sers. Donovan Prins is Maandagaand gewond toe hy en ’n kollega vyf verdagtes in hul polisievoertuig agternagesit het.

Sers. Donovan Prins is Maandagaand in Lavender Hill doodgeskiet deur vermeende bendelede wat hy en ’n kollega agternagesit het. Foto: Verskaf

Twee van die verdagtes het op hulle losgebrand en die sersant is raakgeskiet. Sy kollega is ongedeerd.

Prins en sy kollega, ’n konstabel, was op patrollie toe hulle by die Fawley Hof-woonstelle in Lavender Hill op vyf vermeende lede van die Mongrels-bende afkom.

Die vermeende bendelede het glo in alle rigtings gespat toe hulle die patrollievoertuig opmerk.

Prins-hulle het die twee in hul voertuig tot in Grindelsingel agtervolg, waar op die polisievoertuig geskiet is.

Die koeëls het Prins deur die voertuig se deur aan die bestuurskant in sy bolyf getref.

Hy het in die Melomed-hospitaal in Tokai aan sy wonde beswyk.

“Ons as die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die regering sal iets moet doen. Dinge kan nie so aanhou nie,” sê Cele.

Hy sê hy beplan ’n vergadering met genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, om planne te beraam om gewelddadige misdaad te bekamp.

“Daardie planne sal uitgevoer moet word, hoe gouer hoe beter,” sê Cele.

Meer oor:  Polisie  |  Lavender Hill  |  Bheki Cele  |  Wes-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.