Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie onderskep perlemoen van R800 000 in Worcester

Die polisie het Vrydag twee verdagtes van Worcester vir die besit van perlemoen in hegtenis geneem.

Die polisie se misdaadintelligensie het omstreeks 20:00 inligting ontvang dat ’n bus met ’n vrag perlemoen van Kaapstad na Gauteng onderweg was, lui ’n verklaring van kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Die bokse, wat met plastiek toegedraai was, is op ’n bus onderweg na Gauteng in Worcester onderskep.

“Op Worcester is die geïdentifiseerde bus by ’n vulstasie voorgekeer en snuffelhonde het agt bruin bokse met gedroogte perlemoen gevind. Die bokse was in plastiek toegedraai,” sê van Wyk.

Die beamptes het 2 236 eenhede gedroogde perlemoen gevind, wat ’n beraamde straatwaarde van R800 000 het.

Die polisie het op die perlemoen beslag gelê en die twee verdagtes, 32 en 39 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Worcester verskyn op aanklagte van besit van perlemoen.

Polisiebeamptes het 2 236 eenhede gedroogde perlemoen onderskep. Na raming het dit ’n straatwaarde van R800 000.
Meer oor:  Worcester  |  Wes-Kaap  |  Smokkel  |  Perlemoen  |  Misdaad  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.