Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie ondersoek 2 dubbelmoorde

Die polisie aan die Gautengse Oos-Rand ondersoek twee dubbelmoorde wat moontlik met die onwettige mynbedryf verband hou.

Lt.kol. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, sê die moorde het Maandag in die vroeë oggendure plaasgevind.

“Die eerste dubbelmoord het agter die Agelo-spoorwegstasie in Boksburg plaasgevind,” sê Mngomezulu. “Albei slagoffers is noodlottig gewond en patroondoppies is op die toneel gevind.”

Die tweede dubbelmoord het omstreeks 06:00 in Dawn Park in Boksburg plaasgevind.

Mngomezulu sê ’n swart Opel Corsa het die twee slagoffers by ’n erf in Mapleton afgelaai. Die slagoffers, ’n man en ’n vrou, is toe koelbloedig doodgeskiet.

Dit is onduidelik of die twee voorvalle met mekaar verband hou. Die polisie ondersoek wel die moontlikheid dat al vier die slagoffers vermoor is weens ’n twis tussen groepe onwettige mynwerkers, ook bekend as zama-zamas.

Enigeen met inligting word gevra om hul naaste polisiekantoor of die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.