Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie ondersoek bejaarde se moord op kleinhoewe

Die polisie in Meyerton, Gauteng, het ’n beroep op lede van die publiek gedoen om te help met inligting nadat die lyk van ’n bejaarde vrou Saterdagoggend op ’n kleinhoewe in die omgewing gevind is.

Volgens konst. Tlaleng Moloi, polisiewoordvoerder, is die vrou dood op die vloer van haar huis op ’n kleinhoewe in Nelsonia aangetref.

Die polisie het ’n moorddossier geopen.

Die naam of presiese ouderdom van die oorledene is nie bekend gemaak nie.

“Die polisie is Saterdagoggend omstreeks 11:00 na die kleinhoewe in Raymondstraat ontbied waar hulle die vrou op die vloer van haar huis aangetref het,” sê Moloi.

Die polisie kon nie Sondag bevestig of enigiets uit die oorledene se huis vermis word nie.

“Dit is nie bekend hoeveel aanvallers daar was of hoe hulle toegang tot die huis verkry het nie. Die motief vir die moord is onbekend,” het Moloi aan Netwerk24 gesê.

* Mense met inligting kan die Stop Misdaadnommer by 086 001 10111 of hul naaste polisiekantoor bel.

Meer oor:  Meyerton  |  Gauteng  |  Bejaarde  |  Kleinhoewe  |  Moord  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.