Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie ondersoek diefstal by Kaapse kerk

Die polisie sê speurders volg elke leidraad op ná diewe glo met verskeie artikels van groot waarde by die Evangeliese Lutherse Kerk in Athlone, Kaapstad, weggestap het.

Gertjie de Vries Bock, ’n diaken van die Evangeliese Lutherse Kerk in Athlone, Kaapstad.Foto: Facebook (De Vries Bock)

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag bevestig dat die polisie ’n saak van diefstal ondersoek nadat klanktoerusting en van die artikels wat tydens kerkdienste gebruik word die afgelope week gesteel is.

Die polisie kon egter nie die waarde van die artikels bevestig nie.

Die kerk het Saterdag ’n beloning aangebied van R1 500 aan enigiemand wat kan help om sy eiendom terug te besorg.

Gertjie de Vries Bock, ’n diaken, het Sondag gesê artikels van “onskatbare waarde” soos die nagmaalstel, doopbakke en ’n bronsbeeld van ’n arend is voorverlede naweek en verlede Donderdag uit die kerkgebou geneem.

“Sulke goed is van onskatbare waarde en ons het dit gebring van die ou kerkgebou af nadat mense weens die destydse groepsgebiedewet verskuif is.”

Volgens De Vries Bock is daar niemand wat die gemeente verdink van die diefstal nie. Dit volg egter nadat skuiling aangebied is vir slagoffers van ’n brand.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met meer inligting oor die inbrake kan De Vries Bock by 073 303 1009 bel.

Die Lutherse Kerk in Athlone, Kaapstad, het dié foto’s gedeel van die artikels wat die afgelope week uit die kerkgebou gesteel is.Foto: Verska
Meer oor:  Athlone  |  Polisie-Ondersoek  |  Kerk  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.