Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie ondersoek glo sindikaat wat Boland-plase aanval

’n Spesiale taakmag van die polisie ondersoek glo die vlaag gewapende rooftogte die afgelope paar weke in die Stellenbosch-, Paarl-, Franschhoek- en Elgin-gebied.

Netwerk24 verneem die gesamentlike taakmag ondersoek die moontlikheid dat ’n sindikaat die rooftogte uitvoer en dat die sindikaatlede buitelanders is.

Die pers kol is waar die South Hills-plaas in die Elginvallei geleë is. Gaste op die plaas is Maandagaand deur gewapende rowers beroof. Foto: Verskaf

In een van die jongste voorvalle is vyf gaste op die boetiekwynplaas South Hills in die Elginvallei Maandagaand deur vyf gewapende mans oorrompel en onder meer van selfone, skootrekenaars en horlosies beroof.

Kevin King van South Hills het Dinsdag die voorval bevestig.

Hy sê hoewel die gaste in die aanval vasgebind is, is hulle verder ongedeerd.

King wou nie verder oor die voorval uitwei nie. Hy sê wel volgens die polisie is hul ondersoek na dié voorval deel van ’n ondersoek na voorvalle by minstens drie ander plase die afgelope maand in die Elgin-omgewing, sowel as voorvalle van gewapende rooftogte op plase elders in die Boland.

Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder vir gemeenskapsveiligheid, sê vyf mans met klapmusse het die gaste hier Maandagaand oorval.

Die mans het volgens hom vuurwapens en ’n boutsnyer by hulle gehad. Die aanvallers het glo te voet opgedaag waar die gaste in die boothuis op die wynlandgoed was.

Volgens Van Dalen het die rowers weer te voet gevlug, maar die vermoede is dat ’n voertuig hulle by die plaas afgelaai en ook weer daar opgelaai het.

Dit het intussen aan die gelig gekom dat daar behalwe by South Hills, die afgelope drie weke ander voorvalle van gewapende rooftogte by minstens drie ander plase in die Elgin- en Grabouw-gebied was.

Volgens inligting wat Netwerk24 ontvang het, was daar die afgelope drie weke ’n gewapende rooftog by die Oneiric-wynplaas, die Rockhaven-wynplaas, sowel as ’n appelplaas in die Elginvallei.

Die gewapende rooftog by South Hills volg op die gewapende rooftog Sondagaand op die plaas Freedom Hill net buite die Paarl.

Gewapende mans met klapmusse het ook die inwoners van ’n huis op die plaas oorrompel en van selfone en ander persoonlike besittings beroof.

Luidens bronne ondersoek die gesamentlike taakmag die moontlikheid dat ’n sindikaat die rooftogte uitvoer.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê niemand is al in verband met Maandagaand se rooftog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Boland  |  Buitelanders  |  Rooftogte  |  Ondersoek  |  Aanval  |  Sindikaat  |  Plase
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.