Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie ontdek R10 miljoen se onwettige drank
Die polisie het die naweek op dié onwettige drank in ’n stoorkamer in Douglas in die Noord-Kaap beslag gelê. Foto: Verskaf

Die polisie in die Noord-Kaap het ná ’n weeklange operasie die naweek op onwettige drank ter waarde van R10 miljoen in ’n stoorkamer in Douglas beslag gelê.

Die 50-jarige buitelander is behalwe vir die besit van onwettige alkohol, ook vir omkopery aangekeer.

Volgens kol. Mashay Gamieldien, provinsiale polisiewoordvoerder, het ’n span polisielede wat uit onder meer lede van die georganiseerde misdaad-eenheid, ’n aangewese polisiebeampte van Kimberley, veiligheidsintelligensie en die Suid-Afrikaanse drankraad bestaan, vir ’n week lank die eiendom van die buitelander in Southnaystraat in Douglas dopgehou voordat hulle Vrydag omstreeks 09:30 toegeslaan het.

Toe hulle die eiendom deurgesoek het, het die eienaar hulle in die rigting van die stoorkamer beduie waar ’n groot hoeveelheid onwettige drank aangetref is.

“Terwyl die span met ondersoekwerk besig was, het die eienaar een van die lede R170 000 aangebied om anderpad te kyk. Die geld is getel en op beslag gelê as bewysstuk.”

Genl.maj. Henriëtte de Waal, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die span geloof omdat hulle nie die omkoopgeld aanvaar het.

“Dit is ’n duidelike aanduiding dat die lede nie gemanipuleer sal word om korrup te wees nie”

Die man verskyn binnekort in die landdroshof in Douglas op ’n aanklag van die besit van onwettige alkohol en omkopery.

Intussen is ’n buitelandse vrou Saterdag in Douglas aangekeer nadat sy in die besit van 19 pakke mossels en 83 oesters gevind is.

Volgens lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, kon die vrou nie verduidelik waar sy dit kry of ’n koopbewys toon nie. Die waarde van die mossels en oesters is ongeveer R5 000.

Die vrou het ’n kennisgewing van die polisie ontvang om Vrydag in die hof te verskyn.

Sy word aangekla vir die oortreding van die Wet op Lewende Mariene-hulpbronne.

Die polisie in die Noord-Kaap het ná ’n weeklange operasie op onwettige drank van R10 miljoen in ’n stoorkamer in Douglas beslag gelê. Foto: Verskaf
Die 50-jarige buitelander wou die polisie met R170 000 omkoop. Foto: Verskaf
Die polisie in die Noord-Kaap het ook ’n vrou met 19 pakke mossels en oesters betrap.Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.