Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie ontken 5 is vas ná rooftog in Oos-Kaap

Die polisie in die Oos-Kaap ontken gerugte dat vyf verdagtes ná ’n aanval Woensdag op ’n wildplaas by Alicedale in hegtenis geneem is.

Vyf gewapende mans het Andri (49) en Erica (48) Fox Woensdag om 19:50 oorval terwyl hulle op hul plaas tussen Alicedale en Paterson aandete geëet het.

Hul aanvallers het vuurwapens en messe gehad. Andri is vasgebind en Erica is gedwing om die kluis oop te sluit.

Erica Fox se inskrywing op Facebook oor wat met hulle op die plaas gebeur het. Foto: Facebook

Die rowers het kontant (in dollar), vuurwapens en juwele gebuit.

’n Amerikaanse toeris wat op die plaas tuisgegaan het, het op die rooftog afgekom en uit vrees laat gevlug. Die 37-jarige man is dieselfde aand op ’n nabygeleë wildplaas gekry.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, het Vrydag die gerugte dat vyf mans vasgetrek is, ontken.

Brig. John le Bok, waarnemende kommissaris vir die Sarah Baartman-distrik, het onmiddellik ná die aanval ’n taakspan saamgestel om die aanvallers te probeer opspoor.

Volgens Le Bok is die totale waarde van die gesteelde goedere R111 000.

Die taakspan wat gelas is met die ondersoek, volg sterk leidrade op en daar word dag en nag gewerk om die verdagtes op te spoor voordat hulle ander lede van die gemeenskap terroriseer, het lt.gen. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, gesê.

Die verdagtes het te voet gevlug.

Enigiemand met inligting kan ao. Quintin Arnold by 082 416 8707 bel of na hul naaste polisiekantoor gaan.

Die polisie se teenmisdaadnommer is 08600 10111. Alle inligting sal vertroulik gehanteer word.

Meer oor:  Alicedale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.