Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie op soek na transitorowers

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met Woensdag se transitorooftog naby Velddrif in die Wes-Kaap nie.

Veiligheidswagte was besig om kontant in ’n kitsbank te laai toe ’n groep gewapende mans die geldwa beroof het, sê brig. Vishnu Naidoo, ’n polisiewoordvoerder.

Die rowers het gevlug met ’n onbekende bedrag geld en dit is nie duidelik of enigiemand in die voorval beseer is nie.

“Die polisie het ’n 72 uur-aktiveringsplan begin, wat die mobilisering van die maksimum bronne behels. Dit is egter nie ’n spertyd nie,” sê Naidoo.

Intussen sê Naidoo die man wat Woensdagaand in Bloemfontein in hegtenis geneem is, kan nog nie met die transitorooftog vroeër die dag in die stad verbind word nie.

’n Fidelity-geldwa is by die Engen-vulstasie by College Square in die stad beroof.

“Ons kan egter nie die moontlikheid uitsluit nie, maar die ondersoek is nog in ’n vroeë stadium.”

Die man, tussen 40 jaar en 45 jaar oud, is Woensdag omstreeks 18:00 agter die Bloemgate-winkelsentrum deur polisiebeamptes voorgekeer, het Alzane Narrain vroeër berig.

Hy was op pad om sy kinders by hul ma in die Brandwag-woonstelblok af te laai.

Die polisie het beslag gelê op die wit BMW X5 waarin onwettige vuurwapens en ammunisie, klapmusse, handskoene, selfone en ander goedere wat in rooftogte gebruik word, sowel as geld, gevind is.

Volgens Naidoo behoort die vuurwapen aan ’n veiligheidsmaatskappy, maar nie die maatskappy wie se geldwa beroof is nie.

Meer oor:  Rowers  |  Geldwa  |  Transitorooftog  |  Gesoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.