Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie op spoor van brandstofdief

Die polisie in Port Elizabeth is op die spoor van ’n brandstofdief wat met ’n bruin Volkswagen Jetta ry.

Die persoon het by twee geleenthede in Maart brandstof by vulstasies laat ingegooi en weggejaag sonder om te betaal.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die polisie se ondersoek dui aan dat die motor in dié tyd twee vervalste nommerplate (JJP 793 EC en JJP 795 EC) gebruik het.

Die vulstasies in Goven Mbeki-rylaan en in Rinkstraat is geteiken.

Albei diefstalsake is by die Humewood-polisiekantoor aangemeld.

Naidu sê die polisie waarsku vulstasie-eienaars en veral petroljoggies om waaksaam vir vermeende brandstofdiewe te wees.

Enigeen wat die motor by ’n vulstasie oplet of moontlik meer inligting het, kan speur-konst. Marsha Green by 083 453 5831 óf 041 504 5106 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.