Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie reageer op inligting, keer 3 aan ná huisroof
Van die gesteelde goedere wat teruggevind is. Die eienaar was nog besig om die huisroof aan te meld toe die polisie met die verdagtes en die gesteelde goedere by die polisiekantoor opdaag. Foto: Verskaf

Drie mans is Saterdag in hegtenis geneem ná ’n huisroof in Phillipi, Kaapstad.

Luidens ’n polisieverklaring was lede verbonde aan die Philippi-Oos-misdaadvoorkomingseenheid op patrollie toe hulle inligting oor gesteelde goedere by ’n adres in Crossroads ontvang het.

“Hulle het vinnig gereageer en met hul aankoms by die adres twee televisiestelle en ’n monitor herwin. Drie mans van onderskeidelik 16, 19 en 22 jaar oud is in hegtenis geneem in verband met huisroof,” lui die verklaring.

Van die pakkies dagga waarop die polisie die afgelope twee dae in die Nyanga-kluster beslag gelê het. Foto: Verskaf

Die gesteelde goedere en verdagtes is positief geïdentifiseer deur die klaer wat juis toe besig was om die voorval by die polisiekantoor aan te meld. Die drie verdagtes sal na verwagting in die landdroshof in Athlone verskyn op aanklag van huisroof, die besit van gesteelde goedere en poging tot moord.

Luidens die verklaring is meer as 60 verdagtes in die Nyanga-kluster die afgelope twee dae in hegtenis geneem in verband met die besit van dwelms, gevaarlike wapens en verskeie ander oortredings.

Verskeie dwelms, pakkies dagga, kontant, drank, nagemaakte vuurwapens, ’n gekaapte voertuig en gesteelde eiendom is gevind.

In ’n voorval Saterdag omstreeks 22:20 is ’n 43-jarige verdagte in hegtenis geneem weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Elektroniese toestelle en juwele wat uit ’n huis in Manyanostraat, Crossroads, Nyanga, gesteel is, is teruggevind. Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Meer oor:  Phillipi  |  Kaapstad  |  Rowers Aangekeer  |  Huisroof  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.