Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie reg vir volgende amnestie-tydperk vir vuurwapens

Die polisie is slaggereed om met ’n ses maande amnestietydperk te begin waar landsburgers vrywillig wettige en onwettige vuurwapens by polisiekantore kan inhandig.

Die keer is strenger veiligheidsmaatreëls ook getref om te verhoed dat geen ingediende vuurwapens, soos met die twee vorige amnestietydperke, by polisiekantore gesteel of beskadig sal word of selfs verdwyn nie.

Genl.maj. Maropeng Mamotheti, hoof van die polisie se sentrale vuurwapenregister, het Woensdagoggend hierdie versekering aan LP’s in die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie gegee.

Die polisietopbestuur het ’n voorlegging vir die beoogde vuurwapenamnestie aan die komitee gedoen.

Die amnestie is aanvanklik beplan om van 1 Oktober tot 31 Maart 2020 te duur, maar kon weens verskeie redes nog nie begin nie.

Die komitee is Woensdagoggend versoek om dit te oorweeg om die begindatum moontlik na 1 November of 1 Desember te skuif.

Mamotheti het bygevoeg dit is in belang van die publiek om onwettige of oortollige vuurwapens uit die samelewing te verwyder. Dit omdat misdaadstatistieke volgens haar aandui dat vuurwapens in tot 80% van alle misdade, veral geweldsmisdade, in Suid-Afrika gebruik word.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die berig.

Meer oor:  Amnestie-Tydperk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.