Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie sê niks oor hulp met moorde in Pta
Muckleneuk

Die polisie in die Oos-Kaap het nog geen versoek om hulp uit Pretoria gekry met die ondersoek na die moorde op hawelose mense in die stad nie.

Daar is gerugte dat die polisie in Pretoria in Oos-Londen gaan aanklop het vir hulp nadat minstens vyf hawelose mense in Augustus 2015 ook daar vermoor is. Hawelose mense is ook in 2014 in dié stad vermoor.

Kol. Sibongile Soci, ’n provinsiale polisiewoordvoerder vir die Oos-Kaap, sê die polisie het nog niemand aangekeer en vervolg vir die destydse moorde van die hawelose mense in Oos-Londen nie.

Hulle kan ook nie bevestig dat speurders van Oos-Londen tans bystand lewer aan die polisie in Gauteng nie, omdat die Oos-Kaapse polisiebestuur nog nie só ’n versoek ontvang het nie.

“Maar, as daar só ’n versoek kom, sal ons speurders help. Die doeltreffende gebruik en deel van inligting in die ondersoek van misdaad is noodsaaklik,” het Soci gesê.

Brig. Mathapelo Peters, Gauteng se provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die polisie gaan nie kommentaar lewer oor die bewerings dat hulp van die Oos-Kaapse polisie gevra is nie.

Peters sê die inligting oor die onopgeloste moordsake in die Oos-Kaap is nie gedeel nie. “Daarom kan ek nie bevestig of dit deel gaan vorm van ons ondersoek nie.”

Geen verdere moorde is in Pretoria aangemeld nie, het sy gesê.

Die ondersoek van die spesiale taakmag wat aangestel is om die moorde te ondersoek, duur voort en die polisie gaan nie kommentaar lewer in die media nie, het Peters gesê.

Intussen het Wayne Renkin, projekkoördineerder van die Tshwane Leadership Foundation, Maandag gesê sy organisasie skarrel rond om genoeg verblyf te reël vir hawelose mense.

“Van dié mense is sedert al die moorde bang om op straat te slaap. Daar is nou heelparty van hulle wat skuilings nader vir die nag,” sê Renkin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.