SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Misdaad
Polisie se PG de Lange doodgeskiet in Polokwane

’n Polisiekonstabel van Polokwane in Limpopo is Donderdagaand doodgeskiet terwyl hy en ’n lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) glo besig was met ’n misdaadbestrydingsoperasie in een van die stad se woonbuurte.

Konst. PG de Lange en sy vrou, Nelmarie.

Konst. PG de Lange van die Westenburg-polisiekantoor is glo deur verdagtes geskiet terwyl hy en die GPF-lid ’n plek in Ladanna dopgehou vir vermeende dwelmhandelaars dopgehou het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar kon nie onmiddellik meer inligting verskaf nie.

De Lange is raakgeskiet, maar is voor aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Vier verdagtes word gesoek.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Polisiekonstabel  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.