Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie sien glo hoe man meisie doodsteek

Die polisie het na bewering gesien hoe ’n man van Excelsior in die Vrystaat sy meisie buite ’n kuierplek doodsteek.

Thapelo Tshabalala (27) is Saterdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy 24-jarige vriendin noodlottig in die nek en kop gesteek het. Hulle het glo rusie gemaak oor waar hulle volgende gaan kuier.

Sers. Martin Xuma, ’n polisiewoordvoerder, sê die oorledene wou glo na ’n ander kuierplek gaan, maar Tshabalala wou nie saamgaan nie.

Hy sê polisiebeamptes was omstreeks 01:50 op patrollie in die Mahlatswetsa-woonbuurt toe hulle twee mense buite ’n kuierplek opmerk. Toe een van hulle inmekaarsak, het hulle ondersoek gaan instel.

Die ander persoon het glo ’n voorwerp laat val toe hulle naderstap. Die vrou was reeds dood.

Xuma sê die man is in hegtenis geneem en die polisie het ’n bebloede mes opgetel.

Kol. Mosiuoa Raliopane, waarnemende bevelvoerder van die Selosesha-polisiëringsgebied, het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om nie gevaarlike wapens te gebruik om geskille mee op te los nie.

Tshabalala verskyn op 18 Februarie op ’n aanklag van moord in die hof.

* In ’n ander voorval is Elias Sebetoane (27) in die rondgaande hooggeregshof in Kroonstad tot 18 jaar tronkstraf vir die moord op sy meisie, Madillo Molale (25), in Julie 2018 in Bothaville gevonnis.

Sebetoane het haar op 29 Julie 2018 in die vroeë oggendure met ’n handgemaakte byl doodgekap.

Volgens konst. Kethabile Mofokeng, ’n polisiewoordvoerder, het hy haar lyk in ’n kombers toegedraai en op ’n afgeleë stuk pad tussen Bothaville en Hoopstad gelos. ’n Verbyganger het later daarop afgekom.

Sebetoane is dieselfde dag in hegtenis geneem. Hy het die moordwapen in sy besit gehad.

Meer oor:  Vrystaat  |  Polisie  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.