Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
'Polisie' skiet jong boer by plaashek dood

Vrystaatse boere en spesialiseenhede van die polisie het Saterdagaand plase en paaie rondom Hoopstad en Bloemhof gefynkam op soek na plaasaanvallers, nadat ’n jong boer by sy plaashek vermoor is.

Die aanvallers het, volgens boodskappe tussen gemeenskapslede, “gelyk soos polisie”, met ligte op hul voertuig se dak.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê die boer het omstreeks 19:00 ’n voertuig by die plaashek, net buite Hoopstad, gesien en gaan ondersoek instel.

Dringende gebedsversoek asb: Plaasaanval tussen Bloemhof Hoopstad

“Dit blyk dat hy met die mense gepraat het en toe sy pa, wat ook op die plaas bly, gebel het om soontoe te kom,” sê Müller.

Die pa het die hek in sy voertuig genader en gesien hoe die persone by die hek in hul voertuig spring en wegjaag.

“Die pa was bang hulle het sy seun ontvoer en het agterna begin jaag – toe sien hy iets langs die pad, net buite die hek lê,” sê Müller.

Dit was sy seun en een van die verdagtes, laasgenoemde geklee in ’n polisie-weerkaatsbaadjie.

Die verdagte was dood, vermoedelik deur die jong boer geskiet.

Toe die pa ’n noodroep uitstuur, het die gemeenskap geglo dat die seun swaar gewond was, maar nog leef.

“Dringende gebedsversoek asb: Plaasaanval tussen Bloemhof Hoopstad,” het die boodskap gelui en bygevoeg dat die jong boer geskiet is en mense vir hom moet bid.

Müller het egter bevestig dat hy ook op die toneel by die plaashek oorlede is.

Intussen het boere paaie afgesper en die polisie se honde-eenheid en lede van die taktiese reaksiemag is ontbied, op soek na ’n wit of blou Toyota Camry met ligte op die dak.

Nog ’n boodskap is versprei wat mense waarsku dat die verdagtes vermoedelik “almal gewapen” is.

* Teen Saterdag omstreeks 22:00 was die aanvallers nog soek.

Meer oor:  Hoopstad  |  Plaasmoord  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.