Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rower dood-geskiet 'wat speelgeweer op polisie rig'

’n Rower is deur die polisie in Kariega (Uitenhage) doodgeskiet nadat die groep waarvan hy lid was glo vuurwapens op die polisie gerig het.

Die polisie het egter ná die tyd net twee speelgoedvuurwapens in die rowers se besit gekry.

Die skietvoorval het gebeur nadat ’n winkel in Kamesh, Rosedale, Dinsdag deur vier rowers van tabak, geld en twee selfone beroof is.

Volgens die polisie het ’n klant om 17:10 by die winkel ingestap en besef dit word beroof. Die rowers, van wie twee gewapen was, het glo die winkeleienaar en sy assistent met die vuurwapens gedreig. Die klant het ongesiens weer uitgestap en gemeenskapslede van die rooftog ingelig, waarna hulle die groep rowers agternagesit het.

Lede van die Kamesh-polisiekantoor het op die voorval gereageer, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

“Die mans het vuurwapens op die polisie gerig en die polisie het skote geskiet,” sê Naidu.

Die een man is in die bobeen en enkel getref en in hegtenis geneem. Nog ’n man het sowat 600 m van die misdaadtoneel by ’n huis in Falcon-weg inmekaargesak en is op die toneel dood. Volgens Naidu is die oorledene se identiteit nog onbekend.

Die polisie het die ander twee mans vasgetrek waar hulle in ’n huis in Ospreystraat daar naby weggekruip het.

Naidu sê die polisie het op twee speelgoedvuurwapens, geld en die gesteelde goedere beslag gelê.

Sake van gewapende roof en ’n geregtelike doodsondersoek is geopen.

Meer oor:  Kariega (Uitenhage)  |  Skietery  |  Vuurwapens  |  Doodskiet  |  Rower
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.