Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie skrik nie vir bendes se dreigemente

Die polisiebestuur in die Wes-Kaap sê hulle sal hulle nie laat afskrik deur bendelede se dreigemente teen hul lede nie.

’n Wilde skietery het Donderdagoggend tussen bendelede en polisie uitgebreek in die berugte Kreefgat-woonbuurt in Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte.

Polisie koes Donderdag terwyl bendes in Bonteheuwel op hulle losbrand.Foto: Verskaf

Volgens inwoners het lede van die Terrible Josters op die polisie losgebrand toe die polisie na verdagtes gesoek het wat vroeër in ’n skietvoorval in Valhalla Park betrokke was. ’n Man is in dié voorval doodgeskiet.

Bendelede het kort daarna gewaarsku dat die voorval die begin van ’n bloedbad teen korrupte polisielede sal wees.

“Ons gaan die polisie vrekskiet, want hulle gooi net nog olie op die vuur,” het hulle volgens ’n bron gesê.

Lt.kol Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is nie in ’n posisie om kommentaar te lewer op bewerings en dreigemente deur naamlose, anonieme individue nie.

“Ons moedig mense wat die aantygings en dreigemente maak om na vore te kom met inligting sodat daar ondersoek ingestel kan word. Tot dan sal ons aanhou om bendeverwante en gewelddadige misdade met alle mag te beveg.”

Meer oor:  Kreefgat  |  Polisie  |  Bende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.