Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie slaan toe, meer as 500 gevang in Noordwes

Die polisie in Noordwes het sedert Woensdag tot vandag meer as 500 vermeende misdadigers weens verskeie misdrywe in hegtenis geneem.

Dit is deel van die polisie se veldtog om misdaad in die aanloop tot die feestyd te bekamp.

Luidens ’n verklaring is 115 mense weens aanranding, 38 vir diefstal en 21 vir opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem.

20 mense is weens inbrake by sowel huise as sake-ondernemings in hegtenis geneem. 12 mense is weens die verbreking van beskermingsbevele aangekeer en nog 22 mense is weens roof met verswarende omstandighede in hegtenis geneem.

Selfgemaakte plastiekbuise met ysterpenne wat glo in misdrywe gebruik sou kon word is deur die polisie in Limpopo gekry. Foto: SAPD

Die polisie se veediefstaleenheid, voertuigdiefstaleenheid en die eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het 35 mense in hegtenis geneem.

86 mense is agter tralies nadat hulle glo in die openbaar gedrink het en 24 was glo betrokke by die onwettige handel in drank.

Die polisie in Noordwes het ook op dwelms soos dagga en tik beslag gelê.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiehoof in Noordwes, het in ’n verklaring gesê die polisie sal nog operasies doen om die publiek teen misdaad te beskerm.

In Limpopo is in ’n soortgelyke operasie die naweek 1 626 verdagtes tussen die ouderdom van 22 en 50 jaar oud in hegtenis geneem.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê daar is beslag gelê op 85 954 kartonbokse met onwettige sigarette, plofstof, 49 messe en 38 gevaarlike wapens.

'n Man is op die N1-hoofweg in Limpopo in hegtenis geneem met dié Mercedes-Benz wat glo in Pretoria gesteel is. Foto: SAPD
Een van die talle vuurwapens wat die polisie die naweek in Limpopo gekry het. Foto: SAPD

Hy sê ’n 29-jarige man is Sondag op die N1-hoofweg buite Polokwane in hegtenis geneem in ’n wit Mercedes-Benz wat vroeër vandeesmaand in Brooklyn in Pretoria gesteel is.

Die polisie het beslag gelê op selfgemaakte toestelle wat uit plastiekpype en ysterpenne bestaan, wat glo op paaie gebruik word om motors se bande stukkend te sny.

Ngoepe sê die man sal eersdaags in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Die mense wat in hegtenis geneem is, staan tereg op aanklagte van verkragting, moord, gewapende roof, aanranding, veediefstal en inbrake by huise en by sakeondernemings.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, sê die polisie gaan geen genade betoon aan vermeende misdadigers in die feestyd nie.

Meer oor:  Polisie  |  Noordwes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.