Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie slaan toe op dwelmfabriek in Jhb

’n 40-jarige man wat na bewering ’n dwelmfabriek in ’n huis in Kensington in Johannesburg bedryf het, is Maandag deur die polisie in hegtenis geneem.

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie se provinsiale eenheid teen georganiseerde misdaad het ’n wenk ontvang en Maandagaand op die huis toegeslaan.

Van die chemikalieë en dwelms waarop daar Maandag by die huis in Kensington beslag gelê is. Foto: SAPD

“Daar is op dwelms, asook toerusting en chemikalieë wat gebruik word om dwelms te vervaardig, beslag gelê.”

Volgens Makhubela is forensiese ondersoekers besig om groot hoeveelhede metamfetamien, wat ook as tik bekend staan, te prosesseer. Die waarde daarvan moet nog bepaal word.

Die man is in aanhouding en sal eersdaags in die landdroshof in Johannesburg op aanklagte van dwelmhandel verskyn.

Meer oor:  Polisie  |  Kensington  |  Johannesburg  |  Dwelms  |  Dwelmfabriek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.