Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie sluit ‘daggawinkel’ in Sedgefield

Skaars twee uur nadat ’n winkel met daggaprodukte, waaronder troukoeke, in Sedgefield in die Suid-Kaap sy deure geopen het, is dit deur die polisie gesluit.

Lede van die Outeniqua-honde-eenheid het Saterdag reageer op inligting oor handel in dagga, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

Van die produkte wat dagga bevat wat in die winkel in Sedgefield gevind is.

Volgens hom is die polisielede na die winkel in Sedgefield. Daar het hulle op ’n aansienlike getal produkte afgekom wat dagga bevat.

Die produkte sluit daggaolie, lekkergoed, koekies, beskuit en troukoeke in – alles met dagga in. Die polisie het ook beslag gelê op ’n onbekende bedrag geld. Die waarde van die produkte word op R80 000 geraam.

’n Man (31) van Wildernis is in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Knysna verskyn op aanklag van handel in dwelms.

Volgens die polisie bly dit ’n prioriteit om die onwettige verspreiding van dwelms in die Wes-Kaap hok te slaan, ondanks onlangse veranderinge aan wetgewing wat die private kweek en gebruik van dagga gewettig het. Die verkoop van of handel in verbode dwelms bly ’n oortreding.

Die provinsiale polisiebestuur het die polisielede in ’n verklaring vir hul vinnige optrede geprys. Die polisie waarsku ook dat hy streng sal optree teen diegene wat by die onwettige verkoop van dwelms betrokke is.

Meer oor:  Sedgefield  |  Handel In Dwelms  |  Polisie  |  Daggawinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.