Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek 3 wat groep in KZN van pad trek, teregstel

Die polisie het ’n soektog van stapel gestuur nadat vyf mense deur drie aanvallers doodgeskiet is. ’n Sesde persoon het oorleef.

Volgens die polisie het die slagoffers Saterdagaand in hul voertuig in KwaNdengezi, naby Pinetown in KwaZulu-Natal, gery toe hulle van die pad af getrek is.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die aanvallers het uit hul voertuig, ’n Volkswagen Polo, geklim en beveel dat die ses passasiers ook uit hul voertuig klim en op die grond moet gaan lê.

Daarna het hulle elkeen van die passasiers in die kop geskiet. Die sesde passasier word tans in die hospitaal behandel.

Mbele sê die motief vir die moorde is onbekend.

Meer oor:  Pinetown  |  Kzn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.