Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek 4 wat drank, geld roof
Die polisie in Tableview, Kaapstad is op soek na vier mans wat ’n drankwinkel Dinsdagaand met ’n vuurwapen beroof het.

Die polisie is op soek na vier mans wat ’n drankwinkel in Tableview, Kaapstad Dinsdagmiddag beroof en met kontant en drank gevlug het.

Lt. kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdagoggend gesê die mans word gesoek in verband met ’n gewapende roof om 17:00 naby die Boy de Goede-sirkel.

Hulle het die personeel en klante met ’n vuurwapen gedreig, waarna hulle met kontant en drank in ’n taxi gevlug het.

Die polisie het foto’s van die kringtelevisiebeeldmateriaal uitgestuur en gevra dat mense die Tableview-polisiekantoor kontak indien hulle die mense herken.

  • Skakel die Tableview-polisie by 021 521 3300 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Meer oor:  Kaapstad  |  Drank  |  Rowers  |  Kontant  |  Polisie  |  Soektog  |  Drankwinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.