Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek 4 wat in Noordwes ontsnap

Die polisie soek na vier verhoorafwagtende gevangenes wat uit die selle by die Hartbeesfontein-polisiekantoor in Noordwes ontsnap het.

Die verdagtes, wat onder meer op aanklagte van moord, roof en verkragting in hegtenis geneem is, het blykbaar Vrydagaand tussen 20:00 en 22:00 uit aanhouding ontsnap.

Hoewel dit nog onduidelik is hoe hulle weggekom het, het kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê geen polisielede of ander aangehoudenes is beseer nie.

’n Interne ondersoek is aan die gang na die ontsnapping.

Die vier ontsnaptes is:

• Tebogo Moleko (29), verhoorafwagtend in ’n verkragtingsaak;

• Piet Sechele (26), verhoorafwagtend in ’n moordsaak;

• Ranthati Mothabi (50), verhoorafwagtend in ’n verkragtingsaak; en

• Tebogo Monnamegolo (31), verhoorafwagtend in ’n rooftogsaak.

Botma sê sy wag nog op foto’s van die vier.

Volgens die polisie se inligting is drie van hulle van die nabygeleë Tigane-nedersetting.

Botma het mense gewaarsku om nie self die verdagtes te probeer aankeer nie, maar eerder hul naaste polisiekantoor of kapt. Ananeias Moleleki, die ondersoekbeampte in die saak, te kontak as hulle gesien word. Moleleki kan gebel word by 082 416 0780.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.