Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek 5 wat winkel beroof

Vyf gewapende rowers het Sondagaand op ’n winkel in Despatch in die Oos-Kaap toegeslaan.

Volgens die polisie se inligting het van die rowers omstreeks 18:00 by die winkel in Khayamnandi ingebars en die eienaar met ’n vuurwapen gedreig terwyl die res van die groep die winkel geplunder het.

Die rowers het ’n onbekende bedrag geld en sigarette gebuit.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê dit is onseker of die rowers met ’n voertuig of te voet gevlug het.

Niemand is in die voorval beseer nie en die rowers is nog op vrye voet.

Enigeen met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word gevra om die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Roof  |  Winkel  |  Despatch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.