Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek aanvallers van 2 polisielede in Centurion

Lt.genl. Bonang Mgwenya, waarnemende nasionale polisiekommissaris, het ’n aanval Dinsdagoggend waarin twee polisielede in Centurion gewond is, sterk veroordeel.

Die polisielede van Wierdabrug is vroegoggend raakgeskiet terwyl hulle in ’n polisievoertuig in Valhalla gepatrolleer en ’n voertuig agternagesit het.Mgwenya het intussen die Gautengse polisie beveel om ’n 72-uur “aktiveringsplan” van stapel te stuur om alle belanghebbers te betrek en die aanvallers op te spoor.

Die polisielede het drie bakkies opgemerk wat by ’n rooi verkeerslig in Ou Johannesburgweg aangekom het. Die voorste bakkie het glo nie gestop nie.

Toe die polisielede die bakkie probeer agternasit en verby die ander twee bakkies gery het is, het die insittendes op hulle begin skiet, sê Mgwenya in die verklaring.

Die bestuurder het ’n skaafplek aan sy kop opgedoen en die ander polisielid is in sy been en bolyf gewond.

Albei is na die hospitaal geneem, waar hulle in ’n bestendige toestand is.

Mgwenya het die polisielede geprys vir die toewyding wat hulle gewys het deur ’n verdagte voertuig wat ’n verkeersoortreding gemaak het, agterna te sit.

“Hulle is die kaliber van polisielede wat ons in ons geledere benodig omdat hulle nie net ’n verkeersoortreding as nietig afgemaak het nie. Hulle het gedoen wat hulle veronderstel is om te doen en die verdagte voertuig agtervolg.”

Enigiemand met inligting wat daartoe kan lei dat die aanvallers in hegtenis geneem word, kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.