Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek deurnag na ‘reeksmoordenaar’ wat ontsnap

Die twee verhoorafwagtende gevangenes wat Woensdagmiddag by die hooggeregshof in Johannesburg ontsnap het, is steeds soek.

Die twee mans is Mongezi Mcunukelwa (31) en Sbonelo Nkosingiphe Thwala (25).

Mcunukelwa is ’n vermeende reeksmoordenaar. Hy word aangekla op twee moordklagte en een van poging tot moord. Hy het Dinsdag, ’n dag voor sy gewaagde ontsnapping, sy borgtogaansoek in die landdroshof in Palm Ridge laat vaar.

Sy makker, Thwala, het in die hof verskyn vir ’n moord wat in April in Jeppe plaasgevind het, sowel as die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Mongezi Mcunukelwa en Sbonelo Nkosingiphe Thwala het Woensdag uit polisieaanhouding ontsnap in Johannesburg. Foto: Twitter

Albei mans word nou deur ’n bykomende aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding in die gesig gestaar.

Kapt. Mavela Masonda, polisiewoordvoerder, sê die polisie probeer vasstel hoe die mans daarin geslaag het om te ontsnap, wanneer hulle veronderstel was om toegesluit te wees in die selle, wat onder die hof geleë is.

“Ons weet nie hoe hulle ontsnap het nie, maar ons ondersoekspan werk dag en nag. Hulle het ook beeldmateriaal wat deur die kringtelevisiekameras opgeneem is onder oë gehad.

“ ’n Span bestaande uit senior speurders is aangestel om die beskuldigdes vas te trek en om ondersoek in te stel na die ontsnapping,” sê Masondo.

Masondo het ’n waarskuwing gerig aan die publiek om nie die mans te nader nie, want hulle is “gevaarlik”. Die publiek word gevra om eerder die polisie te kontak indien hulle die mans sou gewaar.

Intussen het die departement van korrektiewe dienste die skuld op die polisie geplaas deur te sê gevangenes is onder polisiebewaking sodra hulle die tronksel verlaat.

“Ons is bewus van die voorval, maar die polisie sal die regte persone wees om hieroor kommentaar te lewer,” sê Logan Maistry, nasionale woordvoerder.

Meer oor:  Mongezi Mcunukelwa  |  Johannesburg  |  Ontsnapping  |  Hof  |  Reeksmoordenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.