Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek dié man ná geweld in Durban

Die polisie in Durban is op soek na ’n man wat kan help met ondersoeke na twee voorvalle van geweld.

Die identikit van die man na wie die polisie in Durban soek.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die man is vermoedelik is sy 30’s en kan help in ’n ondersoek van poging tot moord en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

In die eerste voorval is ’n 60-jarige vrou op 3 Mei 2017 in Montclair met ’n mes aangeval.

’n Man het haar genader om een van haar kamers te huur toe hy haar herhaaldelik het ’n mes gesteek het.

Sy is na ’n hospitaal gebring en ’n klag van poging tot moord is by die Montclair-polisiekantoor ingedien.

In nog ’n voorval op 28 September 2017 het ’n man na bewering ’n pasiënt in ’n hospitaal in Clairwood aangerand.

Die aanvaller het die pasiënt met die kolfgedeelte van ’n vuurwapen aangerand voordat hy gevlug het.

Die pasiënt het beserings aan die regterkant van sy oog opgedoen.

’n Saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek.

Enigiemand met inligting kan lt.kol. Siyanda Bright Ngcobo by 031 452 1813 of 082 411 6408 of Crime Stop by 10111 bel.

Meer oor:  Durban  |  Misdaad  |  Geweld  |  Polisie-Soektog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.