Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek dié wapen in see

Polisieduikers is op soek na die inhoud van ’n boks wat in die see naby Gordonsbaai gegooi is en wat vermoedelik die vuurwapen bevat waarmee ’n bekende sakeman van Helderberg vermoor is.

Darryl van Reenen, voorsitter van die Helderberg-sakekamer en eienaar van ’n onderneming wat onder meer brood en koerante afgelewer het, is in Augustus verlede jaar by die werk doodgeskiet.

Hy is geskiet nadat hy vroegaand gaan ondersoek instel het nadat die elektrisiteit by sy onderneming afgegaan het.

Rapport verstaan dat Van Reenen se .38-rewolwer glo enkele weke voor die moord uit sy kluis by die huis “verdwyn” het. Hy is met ’n .38-kaliber vermoor.

Speurders het daarna ’n man ondervra wat glo in die teenwoordigheid van twee vroue die inhoud van ’n boks wat die moordwapen bevat het, naby die brug oor die Steenbrasrivier tussen Gordonsbaai en Bettysbaai in die see gegooi het.

Volgens die bronne het polisieduikers na die inhoud van die boks gaan soek, maar weens rowwe seetoestande nie gekry nie.

Van Reenen, oorspronklik van Eldorado Park, Johannesburg, het in 2016 saam met sy tweede vrou, Mandy James, na die Kaap verhuis. Sy het nie op Rapport se navrae oor die jongste verwikkelinge gereageer nie.

’n Polisiewoordvoerder het Vrydag gesê die polisieondersoek duur voort.

Meer oor:  Gordonsbaai  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.