Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek gewonde transitorower

Die polisie in Noordwes het 'n dringende beroep gedoen op enigiemand met inligting oor 'n gewonde transitorower om na vore te kom.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê 'n groep gewapende rowers het twee geldwaens Maandagaand omstreeks 18:00 in die Phokeng-area aangeval.

Die wagte het teruggeveg en in die proses het 'n skietery uitgebreek, waarna een van die verdagtes geskiet is.

"Dit blyk dat een van die verdagtes ernstig gewond is, omdat hy erg gebloei het. Sy makkers het hom weggeneem."

Naidoo sê hulle doen 'n beroep op enigeen met inligting oor die voorval om na vore te kom of hul tolvrye nommer by 086 00 10111 te skakel.

"Die persoon wat bel kan heeltemal anoniem bly en al die inligting sal met die strengste vertroue hanteer word."

Die verdagtes kon nie die geld steel nie.

Meer oor:  Noordwes  |  Rooftog  |  Transitoroof  |  Rowers  |  Transito
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.