Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek hulp met opspoor van verdagte in verkragting

Die polisie in Upington se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) versoek die hulp van die publiek om ’n verdagte in ’n verkragtingsaak op te spoor.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het na bewering op 24 Januarie by die huis van ’n 59-jarige weduwee in Keidebees ingebreek en die vrou verkrag.

Hy het daarna met ’n onbekende bedrag geld gevlug.

Die polisie in Upington het die skets saamgestel van die verdagte wat moontlik ’n 59-jarige weduwee van Upington verkrag het.

Die aanval op die vrou was die derde aanval in ses maande op ouer vroue van die dorp.

Judy Redelinghuys (71) is op 30 Junie by haar huis in Budlerstraat vermoor.

Haar dogter Leanne Arnon het die betrokke middag op haar ma se lyk in die swembad by die huis afgekom nadat sy haar nie telefonies kon bereik nie en na haar gaan soek het.

Redelinghuys se hande was agter haar rug vasgebind.

Nkosinathi Ntombela (34) van die buurt Louisvale Road is op 4 November in verband met die moord op Redelinghuys in hegtenis geneem.

Hannatjie Kruger (80) is die middag van 16 November in haar seun se huis in Middelpos in Upington oorrompel en vermoor.

Ook haar dogter, Marika Nel, het op haar afgekom nadat Kruger nie by die skool opgedaag het om haar kleinkinders te kom haal nie.

Niemand is nog in verband met Kruger se moord vasgetrek nie.

In die vierde voorval is ’n vrou op Saterdag 30 Januarie omstreeks 05:00 by haar huis in Die Rand-woonbuurt deur ’n man met ’n tuinvurk aangeval nadat sy die man in haar motor betrap het.

Die vrou se honde het onrustig geblaf en sy het die man in haar motor betrap nadat sy gaan ondersoek instel het.

Die man het gevlug nadat hy die vrou met die tuinvurk geslaan het. Ook dié oortreder is nog nie aangekeer nie.

Die polisie het nou ’n kunstenaarskets van die verdagte saamgestel wat moontlik die 59-jarige weduwee in Keidebees verkrag het en vra dat enigeen wat die verdagte in die skets herken, kapt. Koos van der Heever by 082 302 0442 bel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Meer oor:  Polisie  |  Upington  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.