Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek hulp om veediewe vas te trek
Die vyf skape, met hul pote nog vasgebind, wat deur veediewe agtergelaat is. Foto: Verskaf

Die polisie vra die gemeenskap se hulp nadat veediewe meer as R46 000 se skape op ’n plaas in die Karoo gesteel het.

Altesaam 31 merino’s is tussen Dinsdag en Woensdag op ’n plaas langs die R329 tussen Wolwefontein en Steytlerville in die Oos-Kaap gesteel.

Die skape is glo na ’n buurplaas aangejaag en daar in voertuie gelaai.

Vyf skape, wat aan dieselfde boer behoort, is later met hul pote vasgebind op die plaas gekry.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê veediefstal het sedert Januarie in die Uitenhage-polisiegebied toegeneem.

Sy sê die veediefstaleenheid ondersoek tans ook verskeie sake in dieselfde gebied, waartydens groot getalle vee gesteel is.

Die polisie doen dringend ’n beroep op die gemeenskap om met inligting na vore te kom wat tot die inhegtenisneming van veediewe kan lei.

Brig. Ronald Koll, waarnemende bevelvoerder van die Uitenhage-polisiegebied, het weer die publiek gewaarsku dat die koop van gesteelde vee ’n misdaad is en kopers sal vervolg word.

Koll het ook ’n beroep op vee-eienaars gedoen om waaksaam vir veediewe te wees.

Enigeen met inligting oor veediefstal in die Uitenhage-polisiegebied kan die veediefstaleenheid bel by 079 896 9521 of 079 896 7363, of kapt. Gary du Randt, eenheidbevelvoerder, by 082 958 9099 bel.

Meer oor:  Karoo  |  Veediefstal  |  Vee  |  Skape
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.