Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek inligting ná skietery by Oos-Londen

Die polisie in die Oos-Kaap soek inligting oor ’n voorval waarin vier mense Maandagaand in Scenary Park naby Oos-Londen doodgeskiet is.

’n Vyfde slagoffer het die aanval oorleef en was Woensdagoggend steeds in die hospitaal.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie het nog geen deurbraak in die ondersoek gemaak nie, en hoop om binnekort meer antwoorde te hê oor wat tot die skietery gelei het.

Polisielede is Maandagaand na die misdaadtoneel ontbied en het die lyke van drie mans en ’n vrou in Fase 3, Scenary Park, aangetref.

Die slagoffers, wie se name nog nie bekend gemaak is nie, was tussen 20 en 29 jaar oud. Hulle is almal in die bolyf geskiet.

Die slagoffer wat in die hospitaal opgeneem is, het aan die polisie gesê hulle is deur vier mans aangeval wat hulle nie ken nie. Hy is nie beroof nie.

Hy kon egter nie ’n beskrywing van die aanvallers gee nie.

Die polisie het die gemeenskap gevra om met inligting na vore te kom wat hulle in die ondersoek kan help,

Enigeen met inligting oor die skietvoorval kan die Scenery Park-polisiekantoor by 043 745 6032 bel.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Skietery  |  Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.