Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek na man wat glo vrou verkrag

Die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in Kimberley is op soek na ’n man wat glo ’n vrou verkrag het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê hy word gesoek nadat ’n 27-jarige vrou op 21 Mei omstreeks 19:00 in ’n veld naby ’n vulstasie in Greenpoint verkrag is.

Volgens Kock het die man die vrou vergesel van Greenpoint af na Southridge om geld te gaan haal.

Die man het die vrou, wat hy die betrokke dag vir die eerste keer ontmoet het, na ’n oop stuk veld naby die Puma-vulstasie gedwing waar hy haar glo verkrag het.

“Die polisie is op soek na ’n man van tussen 30 en 40 jaar oud, middelmatig gebou, donker van kleur, sowat 1,7 m lank met merke in sy gesig.

“Hy praat Afrikaans en gebruik die name Thabo en Thabang.”

Kock sê die man is vermoedelik van die Vrystaat.

Enigiemand met inligting kan die konst. Nomonde Mothelesi, die ondersoekbeampte, by 071 860 6782 kontak.

Meer oor:  Kimberley  |  Verkrag  |  Man  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.