Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek nog na verkragter

Die polisie is nog op soek na die vermeende verkragter van ’n jong vrou wat Saterdag by die Voortrekkermonument in Pretoria aangeval is.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, sê die 19-jarige vrou is nog erg getraumatiseerd en dat die polisie haar bystaan met berading.

“Sy was vir DNS-toetse en ons wag nog op die uitslag daarvan,” sê Selepe.

Die voorval het Saterdag omstreeks 08:00 voor die opening van Saterdag se Antiekmark gebeur.

Dit kom net meer as ’n maand ná ’n gewapende rooftog by dié monument.

Die verkragting het op die noordoostelike deel van die terrein, naby die skool op wiele, in die vrouebadkamer gebeur.

Die vrou is na bewering deur ’n onbekende man op die parkeerterrein voorgekeer. Hy het haar glo met ’n

vuis in die maag geslaan en na die toilette gesleep.

Nadat sy in die toilethokkie verkrag is, het die man haar glo opdrag gegee om haarself skoon te maak, voordat hy gevlug het.

Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.