Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek OTM-rowers

Die polisie in die Wes-Kaap soek na ’n groep rowers wat die naweek met ’n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan het nadat hulle ’n OTM in die Nyanga Junction-winkelsentrum in Manenberg beroof het.

Volgens kol. Andrè Traut het die rowers die naweek toegang tot die OTM-masjien by die winkelsentrum in Manenberg verkry.

“Die rooftog is eers Saterdagoggend ontdek. Sommige van die geld wat van die kluis geroof is, is op die dak van die gebou gekry,” sê Traut.

Traut het bevestig dat niemand nog vir die rooftog in hegtenis geneem is nie.

Die polisie vermoed die rowers het deur die dak toegang tot die winkelsentrum gekry en dat die rowers slypmasjiene gebruik het om agter by die kluis in te breek.

Mense met inligting word versoek om die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.