Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek stropers wat renoster doodskiet

Die polisie in Limpopo is op die spoor van renosterstropers nadat ’n renoster Vrydag op ’n wildreservaat buite Lephalale doodgeskiet is.

Luidens ’n verklaring deur die polisie in Limpopo het ’n plaaswerker op die dooie onthoringde renoster afgekom toe hy besig was om op die plaas te patrolleer.

Die dooie, onthoringde renoster wat Vrydag in ’n wildreservaat buite Lephalale, Limpopo, doodgemaak is.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê daar is nog geen verdagtes in die saak nie en dus is niemand nog in hegtenis geneem nie.

“Die polisie vra dat enigiemand in die gemeenskap wat inligting oor die ondersoek het, die ondersoekbeamptes in kennis stel,” sê Ngoepe.

Die ondersoekbeamptes kan gekontak word by 082 414 2337 of 082 872 174.

Meer oor:  Limpopo  |  Renosterstropery  |  Renoster  |  Renosters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.