Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek vrou in saak van kinder-ontvoering

Die polisie in die Wes-Kaap is op soek na ’n 46-jarige vrou wat na bewering ’n hofbevel in verband met ’n saak van internasionale kinderontvoering oortree het.

’n Lasbrief is vir Michelle Estran (46) uitgereik nadat sy nie by die polisiekantoor in Wellington ingevolge ’n bevel van die hooggeregshof aangemeld het nie.

Sy vergesel glo haar drie jaar oue seun, luidens ’n verklaring wat die polisie Donderdagoggend uitgereik het.

Die polisie het ’n beroep op bystand van die publiek gedoen om te help om Estran op te spoor en het ’n foto van haar aan die media verskaf. Enigiemand met inligting oor Estran en waar sy haarself bevind kan kol. Johan Barkhuizen by 082 777 6380 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

’n Foto van Michelle Estran (46) wat die polisie Donderdag uitgereik het, nadat sy nie by die Wellington-polisiekantoor ingevolge ’n hofbevel aangemeld het nie.Foto: SAPD

Meer oor:  Kinderontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.