Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie soek vrou wat kroeg op Swellendam probeer koop

R900 000 en ’n C-klas Mercedes-Benz. Dit is glo wat ’n jong vrou as betaling aangebied het om ’n kroeg op Swellendam te koop.

Santana Schierholt (27) het glo bankdokumente aan die voormalige eienaars van die kroeg, Full Stop, gewys om voor te gee sy het die R900 000 oorgeplaas.

Santana Schierholt word gesoek omdat sy na bewering bedrog gepleeg het met die koop van ’n kroeg in Swellendam. Foto: Facebook

Sy het egter nooit betaal nie.

Die polisie op Swellendam is op soek na haar vir ’n klag van bedrog in Maart 2016. ’n Lasbrief vir Schierholt se inhegtenisneming is uitgereik, sê lt.kol André Traut, ’n polisiewoordvoerder.

Volgens hom is sy moontlik in Kaapstad of aan die Weskus nadat sy KwaZulu-Natal onlangs verlaat het.

’n Bron op die dorp sê daar word vermoed sy is in Suurbraak by familielede.

Nadat die transaksie met Schierholt deur die mat geval het, is die kroeg aan ander kopers verkoop.

Meer oor:  Full Stop  |  Santana Schierholt  |  Swellendam  |  Hof  |  Vals Dokumente  |  Kroeg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.