Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie spoor verdagte op ná gerugte van selfdood

Ondanks gerugte dat ’n gesoekte vermeende moordenaar homself om die lewe gebring het, het die polisie in Port Alfred hul soektog na hom voortgesit en hom ná vier maande vasgetrek.

Eric “Ntroko” Meyers is Donderdag aangekeer in Motherwell, sowat 145 km van Port Alfred, waar hy vandaan kom.

Meyers het na bewering sy voormalige vriendin in Oktober vermoor deur haar herhaaldelik met ’n mes in die bolyf te steek. Meyers het ook glo probeer om sy 9-jarige seun te vermoor voordat hy gevlug het.

Verskeie pogings deur die polisie om Meyers op te spoor, was onsuksesvol. Lede van die gemeenskap het gesê Meyers het sy eie lewe geneem, maar die polisie kon dit nie bevestig nie.

Die afgelope week het die polisie inligting ontvang dat Meyers in Port Elizabeth gesien is.

Polisielede van Port Alfred en Motherwell het saamgewerk om die inligting op te volg, waarna Meyers Donderdagoggend in die Izinyoka- informele nedersetting vasgetrek is.

Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Meer oor:  Motherwell  |  Moord  |  Verdagte  |  Polisie-Soektog  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.