Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie stil oor topspeurder wat kollega glo skiet
Sers. Marlon Appollis wat van strafbare manslag aangekla word. Foto: Jaco Marais

Niemand weet wat die posisie is van die Wes-Kaapse speurder Marlon Appollis nadat hy Maandag in die landdroshof in Franschhoek verskyn het in verband met die skietdood van ’n kollega verlede naweek nie.

Sers. David Hoffman (40) wat Saterdagaand doodgeskiet is.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur wou Woensdag niks sê oor of die 41-jarige Appollis geskors, met verlof is of steeds by die werk is nie.

Appollis, wat verbonde is aan die bende-eenheid, het vlugtig op ’n aanklag van strafbare manslag in die hof verskyn nadat hy glo ’n kollega, wat in dieselfde eenheid is, Saterdagaand in die kop geskiet het.

Sers. David Hoffman (40) is noodlottig gewond by ’n braai by sy skoonouers se huis. Sers. Appollis is in hegtenis geneem.

Kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê dit word as ’n interne kwessie tussen die polisiediens en sy werknemer beskou.

“Die SAPD verkies om nie met buitepartye daaroor te praat nie,” sê Van Wyk.

Appollis het veral bekendheid verwerf nadat hy drie hoëprofiel-moorde in Stellenbosch opgelos het. Hy het gehelp om die vermoorde Matie-student Hannah Cornelius se moordenaars te help vang en het ook die moordenaars Henri van Breda en Jason Rohde help vastrek.

’n Gedenkdiens deur die polisiebestuur sal Donderdag om 10:00 in die NG kerk in Franschhoek vir Hoffman gehou word.

Dit is nie duidelik of Appollis die diens of Hoffman se begrafnis Saterdag sal bywoon nie.

Hoffman se familie het ook ’n gedenkdiens vir Woensdagaand gereël.

Meer oor:  Marlon Appollis  |  Braai  |  Polisie  |  Tragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.