Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie stuit vermeende perlemoenstropers in PE
Lede van die polisie se honde-eenheid in Port Elizabeth het op 269 eenhede perlemoen afgekom in Somerstrand. Foto: Verskaf

Lede van die polisie se honde-eenheid in Port Elizabeth het mense wat na bewering besig was om perlemoen te stroop, se bedrywighede stopgesit.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Saterdag in twee afsonderlike voorvalle in die omgewing van Marinerylaan in Humewood op vermeende perlemoenstropers afgekom.

In die eerste voorval om 10:45 was die polisie besig met patrolliewerk in Marinerylaan toe hulle inligting ontvang oor drie verdagtes wat glo perlemoen stroop.

Met die polisie se aankoms by die toneel was drie verdagtes nog in die water.

’n Man (40) het ’n plastieksak in sy besit gehad met sewe lewendige alikreukel, 61 sandwurms, 15 eenhede klein perlemoen, en een seekat.

Die man is in hegtenis geneem ingevolge die oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne, vir die verkryging van sandwurms vir visvang sonder ’n permit.

In die tweede voorval om 19:30 het die polisie ’n blou Polo Classic in die bosse oorkant die gholfklub geparkeer gesien staan.

Toe die polisie nader aan die motor beweeg, het die motor teen ’n hoë spoed van die toneel weggejaag. ’n Jaagtog het gevolg.

“ ’n Passasier wat in die voertuig was, het naby die Somerstrand-woongebied ’n swartsak by die venster uitgegooi.

“Die polisie het stilgehou om ondersoek in te stel. Daar was 269 eenhede perlemoen in die sak, sê Janse Van Rensburg.

Die 40-jarige man wat in die eerste voorval in hegtenis geneem is, gaan Maandag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Perlemoenstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.