Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie trek 7 ná 2 kapings in Gauteng vas
’n Sak selfone wat uit ’n gekaapte vragmotor in Gauteng kom. Foto: SAPD

Sewe mans is danksy goeie polisiewerk in hegtenis geneem in verband met twee vragmotorkapings wat Woensdag in Gauteng voorgekom het.

“Ses mans is in Midrand aangekeer nadat ’n vragmotor, wat selfone vervoer het, vroeër die dag gekaap is,” sê kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder.

Nie die vragmotorbestuurder of die sekerheidswag is in die voorval beseer nie.

“Die polisie het die kapers in ’n ander vragmotor by Halfway House in Midrand met hul buit voorgekeer.”

Volgens Makhubela het die polisie inligting opgevolg en die gekaapte vragmotor verlate in Phomolong, Tembisa, naby Midrand gekry.

Nog ’n man is Woensdag in ’n afsonderlike voorval in Blue Hills, Midrand, in hegtenis geneem toe hy en drie ander langs die pad in ’n leë vragmotor gesit het wat vroeër die dag in Alberton aan die Oos-Rand gekaap is. Die drie ander het daarin geslaag om te vlug.

Die sewe mans sal binnekort op aanklagte van voertuigkaping in die landdroshof in Midrand verskyn.

“Lede van die polisie se misdaadvoorkomingseenheid was saam met misdaadintelligensie by albei sake betrokke. Misdadigers moenie dink die polisie hou hulle net besig met die afdwing van die inperkingsregulasies nie. Ander oortredings word steeds ondersoek,” sê Makhubela.

Meer oor:  Gauteng  |  Kapings  |  Polisie  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.