Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie trek ‘slapende’ selfoondief in bed vas

’n Vermeende selfoondief is Vrydag vasgetrek toe hy in ’n huis in Delft in ’n bed gespring en voorgegee het dat hy slaap om die polisie te mislei.

Dit was nadat hy glo ’n vrou wat in die gebied vir ’n taxi gewag het van haar selfoon beroof het.

Hy het met die selfoon laat spaander en tussen ’n klomp huise ingehardloop. Die metropolisie het egter toestemming by die huiseienaars gekry om hul huise te deursoek.

En in een van die huise het hulle ’n “slapende” man in ’n bed aangetref.

Hoewel dit in ’n bietjie van ’n nagmerrie vir die dief ontaard het, is ek baie bly dat ons personeel ’n inwoner in nood kon help.

Hoewel sy oë toe was, het die geregsdienaars agtergekom dat hy nie werklik in droomland is nie. Boonop is die gesteelde selfoon by hom in die bed gekry.

“Dit is beslis een van die meer kreatiewe pogings wat ons in ’n lang ruk gesien het,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, in ’n verklaring gesê.

“Hoewel dit in ’n bietjie van ’n nagmerrie vir die dief ontaard het, is ek baie bly dat ons personeel ’n inwoner in nood kon help.

“Dikwels bly soortgelyke klein diefstalle onopgelos, maar daar is waarde daarin om waar die geleentheid hom voordoen hierdie oortreders te vang want soms is die verdagtes nie eerste oortreders nie en kan hulle met ander misdade verbind word,” het Smith gesê.

Meer oor:  Selfoon  |  Dief  |  Slaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.