Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie, Valke kom af op perlemoen van R15 m.
Die sakke perlemoen waarop beslag gelê is.Foto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie en die Valke het in twee afsonderlike klopjagte vandeesweek in Milnerton en by die nywerheidsgebied by die Kaapstad-lughawe op perlemoen ter waarde van t R15 miljoen afgekom.

Die Wes-Kaapse polisie het Woensdag twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle op perlemoen met ’n straatwaarde van R7 miljoen in die luukse woonbuurt Milnerton beslag gelê het.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die operasie deur lede verbonde aan die nasionale intervensie-eenheid en misdaadintelligensie, het gelei tot die inhegtenisneming van twee buitelandse burgers wat in besit van die perlemoen gevind is.

“Die lede het Woensdag omstreeks 14:00 gereageer op inligting oor perlemoen in ’n kelder in ’n woonstelgebou in Century City, Milnerton. Hulle het afgekom op drie voertuie wat gelaai was met perlemoen in plastieksakke,” sê Van Wyk.

Beslag is gelê op die drie voertuie waarin sowat 23 000 perlemoene was.

Die perlemoen wat by die onwettige stoor-fasiliteit in Manhattanstraat in die lughawe se industriële gebied gekry is. Foto: Valke
Die perlemoen wat in Milnerton op beslag gelê was.Foto: SAPD

Van Wyk sê die ontskulpte perlemoen is aan die departement van landbou, bosbou en visserye oorhandig.

Die verdagtes sal eersdaags in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Intussen het die Valke Dinsdag ook op 40 sakke perlemoen met ’n straatwaarde van R8 miljoen by die lughawe se nywerheidsgebied in Kaapstad beslag gelê.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê hul ondersoekspan het op ’n onwettige stoorplek in Manhattanstraat toegeslaan en op die gedroogte perlemoen afgekom.

Beamptes van misdaadintelligensie asook van die departement van landbou, bosbou en visserye was deel van die operasie.

“Toe die lede van die Valke by die stoor aankom, was daar niemand,” sê Hani. Daar is beslag gelê op die perlemoen en die soektog na die eienaars van dié onwettige perlemoen word voortgesit.

Meer oor:  Milnerton  |  Polisie  |  Perlemoen  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.