Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vang 3 gevangenes wat op pad na hof ontsnap

Drie van die vier gevangenes wat ’n polisiebeampte ontwapen en ontsnap het onderwyl hulle na die streekhof in Mokopane in Limpopo vervoer is, is Saterdag weer in hegtenis geneem.

Een van die gevangenes, Dennis Hove (39), is steeds op vrye voet. Foto: SAPD

Clifford Matonhori (31), John Fine (39) en Dennis Hove (39), almal van Zimbabwiese afkoms, en Figos Madisha (40), ’n Suid-Afrikaner, is saam met drie ander gevangenes van die Polokwane-gevangenis na die hof vervoer toe hulle ontsnap het.

Die ander drie gevangenes het tydens die ontsnapping in die voertuig agtergebly.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die gevangenes glo twee vragmotors gekaap nadat hulle uit die polisievoertuig op die R101 suid van Polokwane ontsnap het.

“Een van die vragmotors is later verlate by Ysterberg op die N1 gevind. Die gevangenes het na bewering die volgende dag ’n ander vragmotor by die Nyl Plaza-tolhek gekaap en met die slagoffers binne-in na Modimolle gery. Nadat die vragmotor ’n padversperring by die Kranskop-tolhek getref het, het hulle uitgespring en die bosse in gevlug,” het Mojapelo gesê.

Een van die voortvlugtendes het op die polisie geskiet toe hy in die bosse opgemerk is.

“Die polisie het teruggeskiet en toe die omgewing deurgesoek. Die gewonde man is in ’n boom aangetref. Hy is onmiddellik in hegtenis geneem. Nog twee mans is in hegtenis geneem. Die polisievuurwapen wat gedurende die ontsnapping geroof is, is in die bosse gevind,” het Mojapelo gesê.

Matonhori, Fine, Hove en Madisha is vroeër in hegtenis geneem en skuldig bevind aan ’n reeks gewapende rooftogte op die N1 in Bela-Bela, Modimolle, Mookgopong en Mokopane in April 2019.

Hulle sou Vrydag deur die hof gevonnis word toe hulle ontsnap het.

Die soektog na Hove, wat steeds op vrye voet is, duur voort.

Bron: News24: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/three-limpopo-prisoners-rearrested-after-escaping-on-way-to-court-fourth-still-on-the-run-20210725

Meer oor:  Gevang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.