Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie vang twee mans met meer as 6 000 perlemoen
Polisiebeamptes deursoek die voertuig waarin hulle 43 sakke perlemoen, ’n 9mm-vuurwapen en patrone gekry het. Foto: SAPD
Die twee polisiebeamptes wat die gekaapte bakkie voorgekeer het, by die perlemoen waarop hulle beslag gelê het. Foto: SAPD
Die polisie het Donderdag op die perlemoen in ’n bakkie in Stanford afgekom. Foto:

Perlemoenstropers- en smokkelaars in die Wes-Kaap voel al hoe meer hoe die lang arm van die gereg hulle inhaal.

Twee mans is Donderdag deur die polisie van Stanford naby Gansbaai met perlemoen gevang.

Volgens lt.kol. Andre Traut, ’n polisiewoordvoerder, was die polisiebeamptes omstreeks 18:00 Donderdag besig met patrolliewerk in Stanford toe hulle ’n bakkie sien wat vir hulle verdag lyk.

Hulle het die voertuig gestop en deurgesoek. In die voertuig was 43 plastieksakke met 6 507 perlemoen, ’n 9mm-vuurwapen waarvan die reeksnommer verwyder is en 17 patrone.

Die polisie het ook vasgestel dat die afleweringsvoertuig in Oktober in Muizenberg gekaap is. Twee mans van onderskeidelike 43 en 26jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die landdroshof in Hermanus op aanklagte van besit van ’n gesteelde voertuig, onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en besit van perlemoen verskyn.

Meer oor:  Gansbaai  |  Hermanus  |  Stanford  |  Perlemoenstropers  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.